entertainment
![entertainment](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhfqPWFvAihIvqI6W12UEUufAfTvdbFQmZF8FvFjf_a14ZFVVAeUXY985WEQwhOF_zJCcVLWOVmJ6O_Xj13EKNT1uInyb0tJf0fMYmC5O8QTkIicyhFzywZzGTmRgRj-awzT1jE3LhUnWIX/s1600/sa+tunes.png)
Thursday, 30 June 2016
Leah
Vingers op die knoppie julle! 2 dae oor om te stem vir die Tempo Toekennings! Sms TEMA5 jou naam en adres na 35407, of TEME9 of TEMF9... Aanlyn by http://www.huisgenoot.com/…/tempos2016-stem-vir-vanjaar-se…/ Duisende mijoene dankies!!!!
Dewald Wasserfall
Só lyk Dewald Wasserfall se nuwe album 'Jy is die Storm'! Die album word in Julie uitgereik. “Ek het met die skryf van die nuwe album so eerlik as moontlik probeer wees. Die liedjies is dus bietjie meer emosioneel en beteken vir my vreeslik baie,” vertel Dewald.
Rapport sal binnekort 'n greep van sy sy nuutste enkelsnit op die blad bekendstel. Aanhangers kan dié snit binnekort voorafbestel op iTunes.
Bok van Blerk
Hi Julle!
Ons beplan baie opwindende dinge vir die res van die jaar! Dit is nou al 10 jaar sedert ek die De la Rey cd vrygestel het in 2006. Kan julle glo? Tyd vlieg as jy pret het!
Een van die dinge wat ons beplan is om 'n konsert te hou op die presiese plek in Hoedspruit waar ek die De la Rey CD Vrystelling gehad het! Dit sal plaasvind by Moholoholo Ya Mati op die 6de Augustus! Beplan sommer nou al 'n lekker Langnaweek af na die Laeveld en kom geniet die feestelikhede saam met ons.
Hopelik sal ons ook die dokumenter premier (waaraan ons die laaste paar maande gewerk het) daai aand vir julle wys! Bespreek jou kaartjies nou!
Gaan lees gerus meer oor die konsert hier:
http://bokvanblerk.co.za/van-de-la-rey-tot-nou-terug-na-di…/
Hou ook die spasie dop want ons beplan 'n lewendige DVD opname van 'n vol konsert by Weiveld een van die dae!
Sien julle die naweek by Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees!
Groete
Bok.
Sien julle die naweek by Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees!
Groete
Bok.
Subscribe to:
Posts (Atom)